#JANJANJAN
Jan Jan Jan, Boerboel Wear se eie ‘Boere Boyband’
Jan Jan Jan het aan die einde van 2019 naam gemaak met hulle boere broekies, tweekleur hemde en eerste enkelsnit ‘Wys Jou Vleis’ na ‘n foto van hulle en dié broekies soos ‘n veldbrand versprei het op sosiale media met die soektog wat die sanggroep se naam moes wees.
Wat begin het met Boere Broekies…
Sedert dié uitreiking het nog treffers gevolg en het jy al saam met die 3 Janne vleis gewys, mielies gegooi en Boer gebly en dit is duidelik dat daar geen keer is aan hierdie groep soos wat een na die ander video etlike miljoene kyke inpalm nie. Die manne spog ook al met ‘n Goue Toekenning of twee en was ook al genomineer vir ‘n SAMA Toekenning vir Beste Pop Album van die Jaar (2022) vir ‘Two-Tone Lyf’.



'n Dokumentêr van hoop, moed vir lied
Helpende Hand het saam met Jan Jan Jan en Boerboel Wear ʼn veldtog van stapel gestuur – ʼn veldtog van hoop, ʼn lied van behoort, ʼn dokumentêr van terugkyk op die verlede en in geloof vorentoe stap met moed en hoop.
Paul Kruger se woorde: “Want wie vir hom ʼn toekoms wil skep, mag die verlede nie uit die oog verloor nie,” lê diep gewortel in ons dokumentêr.
Geniet saam met ons hierdie terugkyk na jou herkoms en wees vry, veilig en voorspoedig aan die suidpunt van Afrika. En as jy sukkel, weet daar is meer as 25 instansies in die Solidariteit Beweging om jou hand te vat en jou te help of by te staan.
Besprekings
Bespreek Jan Jan Jan
Wil jy Jan Jan Jan vir jou volgende geleentheid, konsert of funksie bespreek?
Neem kontak op met Platinum Promotions.
































































